Vir Jou

Vir Jou

A Poem by red-juliet
"

partykeer kan ek nie goed verbaliseer nie.

"

Vir Jou

 

Ek wil jou beïndruk met groot woorde

Wat my maar net sal veruitwendig

En vir jou alles sal sê

Behalwe hoe ek voel

 

My hart is ‘n leë kamer

 

Tog wil ek aan jou bewys ek is eg

En ek woorde roekeloos kan laat dans

En soos vlermuise

Kakofonies

Teen die mure van jou kop

Laat kap

 

Partykeer herhaal ek myself

Ek is jammer en

Ek weet

My optrede is almal waagstukke

Wie nie waag nie

Wen nie

 

En dan sal jy my mos nooit rerig ken nie

 

Maar agter tralies

En in goue kissies

Bêre ek my emosies

Wat ek sal uithaal en vir jou wys

 

Want as jy na my kyk

 

Klop my hart

 

As jy eerlik is kan jy maar in daai kamer kom bly

 

 

© 2010 red-juliet


My Review

Would you like to review this Poem?
Login | Register




Share This
Email
Facebook
Twitter
Request Read Request
Add to Library My Library
Subscribe Subscribe


Stats

233 Views
Added on October 27, 2010
Last Updated on October 27, 2010

Author

red-juliet
red-juliet

South Africa



About
fifteenyearold. redhead. with. an. arrogant. streak. and. rebellious. thoughts. and. a. sentimental. insecure. side. she. dismisses. Loves church and her nameless violin. Writes because it keeps her.. more..

Writing
On Death On Death

A Story by red-juliet