Dagboek van 'n Meisiekind

Dagboek van 'n Meisiekind

A Poem by red-juliet

Dagboek van ‘n Meisiekind

 

As die insperasie kom

Moet ek net sit

En uiting gee aan my

Gedagtes wat soos skoenlappers en vlêrmuise

Teen die mure van my kop kap

 

En sing van beter dae

Wat nog aan die kom is

Vol van verlate straaitjies

Wat almal lei na dieselfde geel plekke

En dieselfde rooi mense

 

Tussen my wense

En stilswye en drome

Sukkel ek nog om te aanvaar

Dat die druppels teen die ruit en die sonskyn

Van dieselfde stof gemaak is

 

Die stof wat aan sy glimlag klou

En my hare laat blink

Sonder dat ek dit bedoel

Uit die baie dinge wat ek bedoel

Bedoel ek nooit om vir hom te lag nie

 

Dis so moeilik

Want ek weier om

My kinderagtige vertroue

In sy bruin oë en selfvondane glimlag

Bloot te stel aan die pers

 

Ek skryf alweer oor hom

Kom by, kind

Gister kom weer en more

More is nog net ‘n duister lig op die horison

In hierdie dagboek van ‘n meisiekind

 

 

Agter my toe oë

Swem daar in diep donker waters

Glase gemmerbier en ‘n blou duvet

Oranje en blou handoeke rongestrooi soos trane

Wat net nooit val nie

 

Die lug vol rooi ballonne

En dan wil ek huil en huil

Want ek’s ook maar net klein

En hoe moet ek weet wat die perfekte komposisie

Van my goudgeel sonneblom hemel is?

 

Is hy daar?

Of kruip hy agter ‘n klip weg

En lag vir my

Of sit hy op die dak en glimlag en waai

Met die agterdeur wat uit gewoonte al oop staan

 

Is die hemel vol heuning?

En strate van sonskyn en poppie blomme?

Is daar ook bruin engele met lig

Wat uit hulle half-kaal lywe en seuntjie lag straal?

Is daar ook gemmerbier?

 

Wie kan my vertel?

Wie kan my die waarheid sê?

Moet ek vir ewig my trou en tyd

In sprokie ideaal belê?

 

Die aarde wentel nie om sy as nie

Hy dryf in hierdie sop-pot

Van getalle en syfers en spekulasie oor die noodlot

En regte antwoorde op verkeerde vrae

Wat dreig om my te oorrompel

 

Maar vrede lê in die onsekerheid

In die eenvoudige

“Ek weet nie.”

Wat maklik al die sinnelose gewonder

In die kas stop

 

Saam met ‘n paar vergete drome

‘n doodgelukkige sokkie

‘n ou koerantuitknipsel

En ‘n klein blou boksie wat versigtig versteek is

Onder ‘n swaar groen jas

 

En as jy hom sou gaan oopmaak

En binne in kyk

Sal jy sien in bittersoete eenvoud

Lê ‘n hartstogtelike wens om geluk te vind

In ‘n wêreld vol afgrys en verbleikte hoede

Maar my hart sal jy nie in die kas vind nie

Want ek dra hom saam met my

In my bors

Soos ‘n blink skoenlapper in ‘n ysterhokkie

Met ‘n paar klein skeurtjies in haar fluweel vlerke

 

Partykeer wil sy uitvlieg

En dan maak ek die hokkie oop

En laat haar gaan

Maar dan sien sy die wêreld verstaan haar nie

En dan klim sy maar terug

 

Sy voel nie die daarvan seer nie

Want Jesus het mos die seer gevat

En aan die kruis opgehang

In plaas van swart letsels het sy nou helder blou poeierstrepe

En die hokkie se deurtjie is altyd oop

 

 

Moenie te veel dink nie

Hoe minder jy dink

Hoe makliker droom jy

Met ‘n oop kop en hande vol hoop

En die wete dat alles okei sal wees

 

En sê nou dis nie okei nie

En die nag is koud en donker

En jy gaan dood

Dan’s jy mos in die hemel met die heuning en poppie blomme

Totaal en al onbewus van

 

Gemmerbier

Blou duvette

Rooi ballonne

 

En dan sal daar mos oorgenoeg bruin engele wees

 

© 2010 red-juliet


My Review

Would you like to review this Poem?
Login | Register




Share This
Email
Facebook
Twitter
Request Read Request
Add to Library My Library
Subscribe Subscribe


Stats

200 Views
Added on October 27, 2010
Last Updated on October 27, 2010

Author

red-juliet
red-juliet

South Africa



About
fifteenyearold. redhead. with. an. arrogant. streak. and. rebellious. thoughts. and. a. sentimental. insecure. side. she. dismisses. Loves church and her nameless violin. Writes because it keeps her.. more..

Writing
On Death On Death

A Story by red-juliet