Don't judge a book by it's colour, and sure as hell don't judge me by my colour

Don't judge a book by it's colour, and sure as hell don't judge me by my colour

A Story by Panini_girl

Moet my nie beoordeel op my kleur, gewig of voorkoms nie, anders gaan jy mis wie ek werklik is. 


As n mens, het ons gedagtes. Nie alles goeie gedagtes nie, en ook nie alles sleg nie, maar as n mens moet gaan sit en dink, oor wat ons mens se slegte eienskap sal wees, is dit beoordeling. Ons is geneig om mense te beoordeel voordat ons hul ken, ons luister meer na stories wat oorgedra word en laat dit ons verblind van die toekomstige vriendskap wat opgebou kan word. Dit is geweldig moeilik om in jou eie perspektiewe te glo, ons is groot gemaak met n sekere geloof, sekere manier van dinge doen, en dit is soms moeilik om uit daai dop te breuk. As n klein kind, het ons nie n probleem met ras gehad nie, ons was vriende met almal en ons het almal aanvaar soos wat hulle is, maak nie saak van ras, geloof of grootte nie, maar soos ons ouer word, luister ons meer na ons ouers, meer na wat ander mense sê en individuele denke word afgebreek en gekraak.


Groepsdruk speel n groot rol in beoordeling.

Ons is geneig om meer soos ons ouers, familie of vriende te wees. Ons neem nie in ag dat ons ons eie interpretasies kan hê nie, ons eie perspektiewe en ons eie keuses nie. Daar is baie situasies waar een persoon n negatiewe ding te sê het oor iemand, en dan volg reprokussies soos Domino’s. Een val en so doen die res. In skool word ons geleer om op verskillende maniere te dink, maar onbewustelik word een manier van denke op ons geplaas. Dit is baie min dat mense, veral tieners dit agter kom. Mense in die algemeen glo dat maak nie saak hoe jy jou lewe lei nie, of hoe jy is nie, jy word gebasseer op die groep waarin jy gebore was, die groep vriende waarmee jy uithang en wie jou familie is. Ons almal het n titel, ons almal het n reputasie, ons kan hard werk om dit te verander, maar ons kan nie noodwendig n opinie verander van n individueel nie. 



Al die aspekte speel n groot rol in diversiteit. Daar word kronies vir n mens gesê, ‘moet nie iemand beoordeel net op hul uiterlike nie, dat dit verkeerd is om te beoordeel.’ ‘Jy ken nie hul storie nie, so hoekom praat jy so van hulle.’ ‘Bly eerder stil as jy niks goed het om te sê nie.’  Dit is wat n mens noem piëtisme, want net soos ons oordeel doen hulle ook. Hier gaan ek n bietjie piëtisme uitdeel:


  1. Dit is verkeerd om iemand op hul uiterlike te beoordeel
  2. Dit is verkeerd om iemand op hul geloof te beoordeel
  3. Dit is verkeerd om iemand te beoordeel op hul ras


Ons kan na n mens kyk, en so baie goed fout vind met hul voorkoms. Ons dink nie noodwendig aan wat hul storie kan wees nie, in watse hoofstuk hul nou in hul lewe is nie. Elke jaar is n nuwe hoofstuk en elke dag is n nuwe paragraaf, ons stel meer belang aan die buitekant, ons sal na die boek kyk, want dit het ons aandag getrek, maar wanneer ons nader kyk, en sien dat die boek se band, gekreukel en uitgerafel is of blaaie omgevou, geskeur of selfs vuil is, dan verander ons perspektief en ons dink, die boek is nie my tyd werd nie, kyk hoe lyk dit, maar min van ons weet dat die boeke wat die meeste karakter het, het die meeste stories om te vertel. 


Mense se ras het ook baie te doen met beoordeling. Mense oor die algemeen dink, dat as n sekere persentasie van n ras, n overgeefbare daad gedoen het, is almal so. Dit is waar ons verkeerd is, ons kan nie net n Muslim sien op die straat en dink, ‘moordenaar of “suicide bomber” ’ nie. Dit is blood rasisme. Ons moet vir elke individueel n kans gee. Ons moet wees soos hoe was ons toe ons klein, klein kindertjies was, gaaf en vriendlik en gee vir almal n kans. Ras bepaal nie wie die mens nie, die uiterlike bepaal nie wie n mens is nie, n geloof ook nie, maar wie jy as mens binne is. Tieners en volwassenes moet besef dat nie elke mens n bedreigement is nie, maar net nog n persoon wat n reg het op die lewe en geleenthede het. 


Lees eers die storie voordat jy beoordeel. 

© 2017 Panini_girl


My Review

Would you like to review this Story?
Login | Register




Share This
Email
Facebook
Twitter
Request Read Request
Add to Library My Library
Subscribe Subscribe


Stats

91 Views
Added on February 19, 2017
Last Updated on February 19, 2017

Author

Panini_girl
Panini_girl

Joahnnesburg, South Africa



About
Bipolar disorder, giving me either inspiration, thoughts of death or catches me in a whirlwind where I feel like I can flu more..

Writing
Magic Magic

A Poem by Panini_girl