Blou Oog WonderA Story by Panini_girlDit was die tyd van my einde. Die tyd waar ek my mens wees verloor het en die tyd waar ek vir my ouers vir ewig moes totsiens sê. Die bomme het in die verte geval, die sirenes was hard en die trein se fluitjie was n kanon in my ore. My voete was lood en die trappe van die trein was hopeloos te naby. Ek het om gedraai, my oë het my moeder se bloedrooi gehuilde, blou oë getref. Realiteit het ingekruip, dit was rerig totsiens, My oë het toe geslaan en my lippe het my moeder se nat, sagte wange geraak, sy het my styf teen haar gedruk. Pappa het rustig gewag vir sy beurt, hy wou nie vir my totsiens sê nie, net so min ek vir hom totsiens wou sê, moeder het moeilik los getrek. Pappe het my toe op getel, en vir my die gesagste woorde gefluister wat ek tot my dood nie sou vergeet het nie ‘jy is in my hart Katrien, vir ewig en altyd. ek is met jou elke dag, kyk net op na die hemel, en so sal jy weet hoe baie my liefde vir jou is.’ Moeder het vir pappa gegryp om die middeltjie en haar pragtige lied gesing, wat my hartjie nog altyd vinnig laat klop het. Ek het geweet die liefde wat hier in die klein sirkel is, sal vir ewig bly staan, en dood sou nie die liefde breek nie. Die fluitjie het weer soos n kanon in my ore geblaas, die stoom het noord getrek met die ligte windjie. Een laaste soen, een laaste druk en een laaste kyk, die was die einde van my kindertyd. Ek het my kop deur die eerste opening wat ek gekry het gedruk en het my hart uit gewaai vir my ouers wat net so hard gewaai het. Die trane het begin stort, sout het my tong getref, maar my oe het oop gebly, my staar was op my ouers en die kleinste glimlag wat gespeel het op hul lippe, die trein het beweeg, stadig, stadig, vinnig. Niemand was meer in sig nie, maar ek het bly kyk, die geboue was gekraak en gebreek en het vir myle aan gestrek. Die trein het in die rigting van die platteland gery, naderhand was daar net groen. Die trein het hard tot n stop gekom. Ek het uit geklouter en daar vir my staan wag was n stok oue man, op n perdekar, met n vriendlike glimlag en n pyp wat los gehang het in sy mond. Ek het die Vader in die Hemel gedank dat liefde van n vreemdeling na my toe gestuur is. Ek het op die perdekar geklamper, met my amper leë tassie, en sy vry arm het my styf gegryp om my bo lyf en hy het gesê “Welkom by jou nuwe huis, jou blou oog wonder.” Ek het n n sagte giggel gegee en op gekyk na die hemel. Dit was toe nie my einde nie. © 2017 Panini_girl |
Stats
56 Views
Added on February 19, 2017 Last Updated on February 19, 2017 AuthorPanini_girlJoahnnesburg, South AfricaAboutBipolar disorder, giving me either inspiration, thoughts of death or catches me in a whirlwind where I feel like I can flu more..Writing
|