Vurige GedagtesA Poem by Michelle PietersenThis poem is written in my home language, for it has more meaning that way. Thak you.
Die gevoel van dood
Die gesmeul in my gedagtes Laat my dink aan kinders wat lei in hongersnood Dit wat ek dink is wat klaar verbrand is Gevoelloos stap ek deur die stad se strate En ek voel hoe elke motor se agter gelate krag my trek Gevoelloos kruip die liefde nader En ek sien hoe jou aangesig vergader Ek streel met my hande oor jou vel En ek voel hoe dit bietjie vir bietjie haat uit skel Jy honger vir liefde, maar jy vrees die van my Onsekerheid spoel oor jou gesig, jy wil my vermy. Liefde is verniet, en haat is wat jy wil bied? Ek voel moedeloss, en negatief Ek is niks werd, ek is verlief Ek is hier, ek sing jou lied Opgeskropte gevoelens, deurmekaar Musiek en sy demone bring alles bymekaar Elke noot en sy onverklaarbare skote Elke ritme en n hart is vergewe Almal maak foute, almal maak wense Almal begeer en almal lewe met tendense Ekt vergeet hoe dit voel om jou te soen Ek hunker na jou, maar ekt jou ingedoen! Verlore siele dryf die wereld vol En ek voel die pyn soos my siel verdwyn Dit brand op my vel, soos die son op hom skyn Red my, want ek sal jou red, voor my hart weer weg hol © 2013 Michelle Pietersen |
StatsAuthor
|