InleidingA Chapter by Zaantjie2000My ma het altyd vir my gesê ek moet klein dinge vir mense doen en dinge wat vir my saak maak vir ander gee. En sy het my keer op keer vertel om goeie waardes te hê. Toe ek jonger was het ek nooit die konsep daarvan verstaan nie. Ek bedoel hoekom moet ek my poppe vir my maatjie gee as sy nie ook iets vir my gee nie. En waarde? Wat het ek van waarde geweet toe ek klein was? Dit het vir my heeltemal soos 'n grootmens woord geklink en ek was nie baie geïnteresseerd nie. Later, in my tienerjare, sou ek werklik besef wat hierdie beteken het. My ma is op die ouderdom van agt-en-dertig skielik oorlede. Dit het my totaal en al mal gemaak om nie te weet hoekom sy net so uit my lewe geskeur is nie. Dit was eers 'n paar maande na haar dood dat ek werklik besef het wat aangegaan het. Ek was maar net 16 jaar oud daardie tyd . Terwyl ek deur die opgehoopte bondel pos gerammel het, in die hoop dat ek my gedagtes van my afwesige ma kon af haal, het ek op mediese briewe af gekom. Op een van die briewe wat ek in my bewende hande vasgehou het kon ek net een dingetjie uitmaak. Die woord KANKER het my oë opgelet, maar my brein nie geregistreer nie. Ek weet nie wat in my kop aangegaan het nie, want toe gryp ek die volgende brief en nog woorde het my oë gevang soos TERMINAAL en MINDER AS 'N MAAND. Dit het gevoel asof my wind uit my geslaan was en ek kon nie die trane keer wat soos 'n donderstorm uit my oë gestroom het nie. My hart was heeltemal verskeur. En die ding wat my die meeste pla is dat my ma geweet het sy gaan een of ander tyd dood gaan. Na ek my oë droog gehuil het daardie dag , het ek myself in my kamer toe gesluit. Ek was nie lus om met enige iemand te praat nie. Nie my beste vriendin, Nadia, wat elke dag vir weke by my deur gestaan het met toebroodjies, wat my ma se suster gemaak het, nie. Ek weet nou, 2 jaar later, dat ek seker nie dit moes doen nie. Om met mense te praat sou my rou hart gehelp het deur dit te salf. Dit is nou ongelukkig te laat. Ek het al my vriende verloor, almal wat na my op gekyk het en die mense wat deur dik en dun by my gestaan het, het een vir een verdwyn. Ek kan sekerlik niemand ander as myself blameer nie. Ek het elkeen weg gestoot, want ek wou nie toelaat dat hulle sien hoe vreet die gedagte van my ma se dood my elke dag stukkie vir stukkie op nie. Ek was eers aan die begin omgekrap omrede my ma siek was en ek nie my oë kom oop maak om te besef wat aangegaan het nie. Ek was ongelooflik onsteld. Vinnig was die onsteldheid vervang met woede. Ek was kwaad. So kwaad ek wou skree dat die mense in Timbaktu kon koor en dat die vensters van my kamer breek. Die ding is, ek was nie kwaad vir myself nie. Ek was woedend vir my ma. Die feit dat my ma geweet het sy is siek en dat sy geweet het sy gaan my agter los, het die woede binne-in my verdubbel. Het sy nie aan my gedink nie? Was die pyn teveel? Of het sy gedink om die probleem met my te deel sou te erg wees? As ek nie vinnig uitvind hoekom my ma 'n probleem so groot soos hierdie een 'n geheim gehou het nie, sal dit my stukkie vir stukkie van binne opvreet tot my siel ontbloot is. Daar is dan ook die feit dat my pa vir my en my ma gelos het. Ek was maar net drie jaar oud toe hy sy tasse gepak het en uit ons lewens verdwyn het. Ek het al duisende senario's in my kop laat speel, maar ek kan nooit op een besluit nie. Die laaste paar weke het net een senario in my kop oor en oor soos 'n film gespeel. My pa moes weet dat my ma kanker gehad het, want op die mediese briewe sê dit dat my ma rondom die tyd voor my pa weg is uitgevind het dat sy kanker gehad het. Die senario het vir my meeste sin gemaak en ek het myself belowe as ek ooit my pa weer ontmoet, wie okal hy mag wees, sal ek hom duisend vrae vra. Die belangrikste een wat ek sal vra is of hy werklik my pa is, want ek of my ma was nooit die tipe mense om weg te hardloop wanneer dinge moeilik raak nie. Ek sal hom ook vra hoekom hy weg gehardloop het. Was ons nie goed genoeg nie? Dit kan eintlik werklik nog jare wees voor ek hom sien of heel waarskynlik nooit nie. Die tyd sal maar ons wys. Die ding wat my amper die meeste omkant gevang het, en my laat wonder, is die baba foto's onder in my ma se kas met die naam Dewalt op. Is dit dalk 'n seun van een van my ma se vriendinne? Of is dit dalk die broer wat ek jare lank my ma voor gevra het? En wat sal gebeur wanneer daar op die nuus oor my pa gepraat word en 'n nuwe seun met die naam Dewalt in my matriek klas instap. Met al die warrelwinde in my lewe sal ek dalk 'n kans kry vir 'n breuk? Of sal daar net nog probleme op my pad aan gehardloop kom? Ek was so besig om my lewensverhaal te vertel dat ek vergeet het om myself voor te stel. Ek is Jean-Marie van der Walt, 'n matriek leerder, wat my 18 jaar oud maak, en ek is en was nog altyd onstabiel. Nou kan julle uitvind hoekom dit presies so is. © 2016 Zaantjie2000 |
StatsAuthor
|