50 jaar, vandag, ewig

50 jaar, vandag, ewig

A Poem by Vonnie15
"

One of my favourite Afrikaans poems

"

50 jaar, vandag, ewig

 

Die mooiheid van jeug

lank vergete

sag velletjies en

sagter handjies

dié se plek geneem.

 

Maar oupa sien nog pienk wangetjies,

geverfde voetjies

ouma rus nog haar kop in die holte

van sy sterk arms.

“Mens wéét net wanneer jy

jou sielsgenoot gevind het.”

 

Na 50 jaar pas haar hand

soos ‘n legkaart

nog in syne.

Musiek en dans van lank gelede

vonkel soos wyn in

gesprek.

 

Die storie van een gees

een mens

is nou klaar geskryf

 

En vandag

dans hulle weer

in gedagte

voor sy haar kop

in die holte steek

en hulle mekaar

die ewigheid in

sing;

‘n rustige Slaap

ewig Saam

 

hulle kan weer dans

soos jong getroudes

ewig Saam.

 

© 2009 Vonnie15


My Review

Would you like to review this Poem?
Login | Register




Share This
Email
Facebook
Twitter
Request Read Request
Add to Library My Library
Subscribe Subscribe


Stats

226 Views
Added on June 29, 2009

Author

Vonnie15
Vonnie15

South Africa



About
01:26... darkness surrounds me...the sound of my room mate's invasive snoring and the sound of my keyboard my only company. That's what I do. I love to write. I need to write. It keeps me sane, I thin.. more..

Writing
In In

A Story by Vonnie15