Waar kom jy vandaan
waargaan jy heen
waar dwarrel jou spore
soos n dwarrelbos
terwyl jou vingers grassade tel
Hoekom huil jy
soos n ooste wind
in n storm nag
waarom breek jy
soos n brander teen rotse
op strande sonder name
Hoeveel seer moet ek dra
kruis opneem sonder woorde
op verganklike paaie
wandel sonder einde
waar eindig die elende
van verlore liefde en seer
Waar skyn die ligvan geluk
op jou pad in die duister
as liefde jou ontwyk
Hoekom verpletter jy my hart
in verlore gedagtes .
verbied my die pad
van geluk en vrede.