Danke Aan JouA Poem by Donald FoggittWanneer die aarde stil raak En my gedagtes begin dwaal Is dit dan die tyd Wat ek wens jy my kom haal
Ek verloor soms myself In jou groot helder oe Jy het op my pad gekom Asof jy gestuur is van bo
Tyd loop so vinnig Soms wens ek hy staan stil Daars so baie om te se Om jou te wys wat ek wil
Reg deur my aare sal Jy nog deur my vloei Partykeer is dit n marteling Hoe ons met die lewe stoei
So baie het al gebeur In die lewe, met jou en my Daars niks wat ek sal verander nie Deesdae voel ek vry
In trane het ek jou gaan soek Jy het my toe getroos Jyt al my vrese laat verdwyn Weg is die swarte boos
Ek sit partykeer en dink en dink My gedagtes raak so dof Verewig sal ek dankbaar wees Tot in my ou dae, tot in my stof © 2016 Donald Foggitt |
Stats
120 Views
Added on April 22, 2016 Last Updated on April 22, 2016 Author
|