Ek Soek Jou

Ek Soek Jou

A Poem by Donald Foggitt

Na al die jare se gesoek

En al die bitter pyn

Het jy my lewe ingestap

En laat die son weer op my skyn

 

 

Ek kan nie glo dat ek en jy

So bymekaar kan pas

Soos n vissie en sy mieliepap

Soos n knopies hemp en das

 

 

Elke dag vind ek myself

Meer verlief op jou

Daar is niemand anders wat ek wil he

Niemand anders wie ek vertrou

 

 

Jy doen als reg en weet net hoe

Om my beter te laat voel

Om al die sleg te laat verdwyn

Dis mos hoe die liefde moet voel

 

 

Eks dankbaar vir jou eerlikheid

Jou liefde, hart en siel

Elke keer as ek aan jou dink

Kry ek n knoppie in my keel

 

 

Ek soek jou al my lewe lank

Ek soek jou net vir my

Ek soek jou tot as jy grys sou word

Ek soek jou aan my sy

© 2016 Donald Foggitt


My Review

Would you like to review this Poem?
Login | Register




Share This
Email
Facebook
Twitter
Request Read Request
Add to Library My Library
Subscribe Subscribe


Stats

108 Views
Added on April 22, 2016
Last Updated on April 22, 2016

Author

Donald Foggitt
Donald Foggitt

Potchefstroom, North West, South Africa



Writing
Sorry Sorry

A Poem by Donald Foggitt